GEREELDE VRAE

Datum & tyd van die vertoning?

Saterdag 30 Desember 2018, 16:00-22:00

Is daar kos beskikbaar by die vertoning?

Ja, daar is verskeie kosstalletjies by die feesterrein waar kos te koop sal wees.

Verbode items

 Ons het ‘n sekuriteitspan aangestel om te verseker dat alle feesgangers veilig is, en sal seker maak dat niemand die feesterrein binne gaan met verbode items nie. Dit sluit in: messe, gewere, alkohol, dwelms, glas, plofstowwe, professionele video-toerusting, sowel as opname toestelle.

Ouderdomsbeperkings & ouertoesig

Bok Dag is n familie fees en onder 18 feesgangers, onder ouertoesig, sal wel toegelaat word. Ander feesgangers moet die ouderdom van 18 jaar of ouer wees, en n bewys van identiteit sal vereis word. Feesgangers wat nie ‘n geldige ID of bestuurslisensie kan vertoon nie sal nie toegelaat word om die feesterrein te betree nie. Indien dit aan die lig kom dat ‘n feesganger iemand anders se ID of lisensie gesteel of nagemaak het sal dit afgeneem en vernietig word, en die feeskaartjie gekonfiskeer word.

Veiligheidsmaatreëls by BokDag 2018

Daar is 24h paramedici en mediese ondersteuning beskikbaar aan feesgangers in geval van nood. ‘n Sekuriteitspan is ook aangestel om te verseker dat alles vlot verloop, en plaaslike wetstoepassers sal die area rondom die geleentheid monitor.

Wie speel almal by BokDag 2018?

Bok van Blerk, Die Heuwels Fantasties, Spoegwolf, sowel as ‘n verskeidenheid plaaslike platejoggies wat die geleentheid sal afskop.

Kan ek aansoek doen om by BokDag 2018 op te tree?

Alle kunstenaars word vooraf bespreek, maar jy kan aansoek doen vir toekomstige vertonings deur ‘n PDF van jou kunstenaar-profiel na hello@bokdag.co.za te stuur.

Word Pass Outs toegelaat?

Geen Pass Outs sal gedurende BokDag 2018 toegelaat word nie.

Kan ek my geld terug kry indien ek my kaartjie kanselleer?

Geen terugbetalings sal plaasvind nie, maar jy mag jou kaartjie herverkoop. Stuur ‘n e-pos na info@howler.co.za vir meer besonderhede.

Parkering & Vervoer

Ons stel voor dat feesgangers van plaaslike taxi’s gebruik maak indien hulle beplan om alkohol te gebruik by die fees. Indien jy van jou eie motor gebruik maak, stel ‘n sober bestuurder aan vir die aand. Daar is parkering beskikbaar by Plettenbergbaai Primêre Skool, Plettenberg Bay Mall & Market Square Shopping Centre.
Contact

TROTS GEBORG DEUR...

KONTAK: +27 21 424 1022

Contact