BOK VAN BLERK

Bok se musiek spreek van ‘n liefde vir sy land en sy mense...

“Dis in my bloed. Ek geniet musiek maak. Geniet is miskien nie ‘n sterk genoeg woord nie. Ek is mal daaroor. Mal daaroor om te sien hoe mense aanklank vind by my lirieke, hoe hulle saamsing…

United Themes Shortcode Plugin

Bok Van Blerk is bekend daarvoor dat hy musiek maak wat die kol tref en by alle Suid-Afrikaners aanklank vind. Bok se musiek spreek van ʼn liefde vir sy land en sy mense met ʼn sweempie humor wat hier en daar bygevoeg word. De La Rey, sy eerste album met die gelyknamige titelsnit, het groot aanhang geniet en die album het platinum-status behaal, waarna Bok in 2010 die SAMA gewen het vir die album met die hoogste verkoopsyfers vir Afrikanerhart, en ook aangewys is as die Suid-Afrikaanse kunstenaar wat oorhoofs die meeste verkope behaal het.

Bok het in 2016 tien jaar in die musiek-industrie gevier met ‘n landwye toer wat verskeie aanhanger- en media-geleenthede ingesluit het. Daar is ook terselfde tyd ‘n dokumenter vervaardig wat handel oor sy loopbaan, en ‘n DVD uitgegee waarop hy en gaskunstenaar Robbie Wessels ‘n vertoning lewer van sy grootste treffers van die afgelope dekade. Die CD (Van De La Rey tot Nou, 2016) het binne ‘n week goue-status behaal.

Contact

TROTS GEBORG DEUR...

KONTAK: +27 21 424 1022

Contact