@PLETTENBERG BAAI PRIMéRE SKOOL
ONTVANG ONS NUUSBRIEF
FEES INFORMASIE
Maak gereed vir die grootste een-dag fees wat Plettenbergbaai nog ooit gesien het- BokDag 2018! Hierdie fees is ʼn geleentheid wat saamgestel is vir feesgangers jonk van gees.
Ons bied met trots aan, ʼn kuier met ʼn visie, missie en betekenis – ʼn geleentheid om weg te breek van die moeilike stereotipes en kettings van die verlede, en saam te kom in ʼn viering van alles wat ons diverse moederland so uniek maak.
Ons het wyd en suid gaan soek na die heel lekkerste Afrikaanse kunstenaars, en is trots om aan te kondig dat feesgangers op die dag vermaak sal word deur Bok van Blerk, wat die voortou sal neem met die ondersteuning van Die Heuwels Fantasties en Spoegwolf – twee van Suid-Afrika se mees opwindende Afrikaanse musiekgroepe.
KUNSTENAARS
Ons het van die mees populêre kunstenaars van regoor die land saamgetrek om die voortou te neem by hierdie baanbrekergeleentheid.